Contact


Foto

Ons stel tussen 150 en 200 Huwelikskontrakte elke jaar op. Om dié rede is ons goed ingerig vir daardie werk en sal u graag help om hierdie belangrikste item op u “te-doen-lysie” af te merk.

Met al die reëlings wat afgehandel moet word voor u groot dag, weet ons dat u nie onbeperkte tyd tot u beskikking het nie. Ons werk dus op die volgende basis:

Die kontrak moet natuurlik vóór huweliksluiting geteken word. Dit kan letterlik op die trappies voor die kerk gedoen word maar dit is natuurlik wenslik om dié saak betyds af te handel. Vooraf gee ons aan u ʼn lys van inligting wat u aan ons moet verskaf. Daarna stel ons die kontrak in konsepvorm op. Hierdie konsep word selde gewysig. Wanneer u ons kom sien, gee ons vir u ’n lesing oor die voor- en nadele van die verskillende huweliksbedelings. Daarna kan u dan onmiddellik die kontrak teken. U hoef dus nie ʼn tweede keer in te kom vir tekening nie.

Skakel ons dus in hierdie verband of stuur vir ons ’n e-pos na pieterjnr@iafrica.com